Wit, "dubble wall" vlekvryestaal VonkStronk-beker – vir jou drankie! Gemaak van duursame vlekvryestaal met ’n plastiek skuifdeksel vir maklike teug-togte – of dit nou koffie by die kampvuur is, of iets sterker by die strand. 😉
Drink in styl – die VonkStronk-manier! ’n Fantastiese geskenk vir enige geleentheid – ideaal vir kampeer, pieknieks, stranddae, uitstappies, korporatiewe geskenke of sommer net vir die lekker.
Kenmerke:
Dubbelwandig en vakuum-verseël vir perfekte temperatuurbeheer
350ml kapasiteit
Lekvry ontwerp
Verwyderbare plastiekdeksel
Gemaak van hoëgraadse voedselveilige metaal en BPA-vry
Veiliger en meer omgewingsvriendelik as plastiekbekers
Hou warm én koue drankies perfek – van koffie tot wyn, of gin...
Word in ’n boksie gelewer – maklik om toe te draai (of nie) en geskenk te gee!
Ontwerp: Jag-tema met Afrikaanse jagwoorde – vir die ware boer, braaier of biltongliefhebber
Spesifikasies:
Vlekvryestaal dubbelwandige beker, gemaak van omgewingsvriendelike, voedselgraad staal met ’n BPA-vrye deksel.
Let asseblief op: Kleure mag effens verskil as gevolg van verskille in rekenaarskerms en beligting.
Wat is in die boks: 1x Dubbelwandige vlekvryestaal Jag "wine tumbler" beker
